Friday 4 August 2017

Rooibos-stroopkoek



Rooibos-stroopkoek
Net so sonder versiersel is dit heerlik, of voeg ’n skeppie geklopte room by. Dié rooibos-stroopkoek vries ook goed.
...
■ 360 g sagte botter
■ 500 ml ligbruinsuiker
■ 6 eiers
■ 750 ml koekmeel

■ 60 ml mielieblom
■ 20 ml bakpoeier
■ 60 ml melk
■ 10 ml vanieljegeursel

Stroop
■ 400 ml suiker
■ 600 ml sterk rooibostee
■ 100 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 190°C en smeer ’n standaardoondpan met olie. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verroom die botter en suiker goed tot lig en romerig en voeg die eiers een vir een by.

Sif die meel, mielieblom en bakpoeier oor en voeg die melk en vanieljegeursel by. Roer tot gemeng en skep in die voorbereide pan. Bak vir 40-50 minute tot goudbruin en ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.

Maak die stroop terwyl die koek bak: Verhit die suiker en tee stadig oor lae hitte terwyl jy dit roer. Wanneer die suiker opgelos is, verhit tot kookpunt en prut vir 5-7 minute. Verwyder van die hitte en roer die brandewyn by. Laat die stroop eenkant staan tot die koek uit die oond kom en giet oor die vuurwarm koek.

Laat in die pan afkoel en sit voor met geklopte room. Lewer ongeveer 24 snye.