Tuesday 8 August 2017

Bertus se bredie prutpot




Bertus se bredie prutpot - RSG
Bestanddele
1 prutpot (slow cooker)...
1 kg skaapvleis, stukke gesny
2 uie, gekap
2 koppies groente*

halwe koppie water/wyn
witpeper
sout
* Enige groente wat jy in jou yskas het
Metode
Braai uie en vleis bo op stoof in kastrol, tot bruin.
Voeg groente, sout en peper by.
Plaas in prutpot, met al die vleis se souse.
Voeg die halwe koppie water/wyn by.
Plaas op stadig, en laat dit prut vir ongeveer 7 ure.
Moenie die deksel oplig terwyl dit prut nie.
Plaas soggens in prutpot, en vanaand as jy by die huis kom, het jy 'n volledige maal.