Thursday 20 July 2017

WORSROLLE



WORSROLLE
Genoeg vir: 4

4–8 bratwurst-worse (afhangend van grootte)
250 g blaardeeg, ontvries...
1 eier, geklits
sesamsaad vir oorsprinkel
400 g oondskyfies met die skil nog aan
mosterd vir voorsit
METODE:
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Maak 3 klein insnydings in elke wors – dit keer dat die worse oopbars terwyl hulle bak.
Sny die deeg in 2 cm-repe en draai dit versigtig om elke wors tot al die deeg op is.
Die wors moet nog so hier en daar uitloer vir die mooi.
Sit dit op ’n bakplaat, verf met eier en sprinkel sesamsaad oor.
Bak dit saam met die oondskyfies vir sowat 20 minute. Sit die wors en skyfies warm voor met mosterd (as doopsous) en slaai.