Thursday 20 July 2017

VISKOEKIES MET VARS KRUIE



VISKOEKIES MET VARS KRUIE
Genoeg vir: 4

500 g rou stokvis, fyngekap
1 groot aartappel, gekook, geskil en fyngekap...
2 groot eiers
15 ml elk gekapte vars roosmaryn en Italiaanse pietersielie
sonneblomolie vir vlakbraai
aartappelwiggies en ’n slaai om voor te sit
METODE:
Sit die fyngekapte vis in ’n mengbak en voeg die aartappel by. Geur dit na smaak met sout en gemaalde swartpeper. Voeg die eiers en kruie by en meng dit goed.
Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan. Rol die vismengsel in balletjies en braai dit tot deurgaar en goud- bruin aan albei kante.
Sit die viskoekies voor met aartappelwiggies en ’n slaai.