Thursday, 20 July 2017

Kaasworssosaties



Kaasworssosaties
Genoeg vir: 4

• 16 baba-aartappeltjies
• 4 dik Russiese of kaasworse...
• 16 groot kersietamaties
• 1 rooi soetrissie, in blokke gesny (of gebruik ’n kombinasie groen en rooi)
• 2 takkies roosmaryn
• 45 ml olyfolie
• sap van ’n halwe suurlemoen
• 5 ml Dijon-mosterd

1 Kook die aartappels in soutwater tot gaar, dreineer en laat effens afkoel.

2 Sny die wors in 3 cm-stukke en ryg dit saam met die kersietamaties, gaar aartappeltjies en soetrissieblokkies op kebabstokkies. Stroop die blaartjies van die roosmaryn en kap fyn. Meng dit met die olie en suurlemoensap en verf dit oor die sosaties. Geur met sout en peper en rooster onder ’n voorverhitte roosterelement tot goudbruin en gaar. Laat afkoel voor jy dit inpak.
 
 

No comments:

Post a Comment