Wednesday 26 July 2017

wors en aartappels



wors en aartappels
Wat jou nodig het
Halwe kilogram wors
2 aartappels
so bietjie botter...
1 ui
Steak & chops spice
rys (kook terwyl die wors en aartappels gaar raak in die oond)

Pre-heat jou oond op 190. Smelt botter 'n 'n oondbak met 'n deksel. Sny 2 aartappels in wedges en pak dit in oondbak. Sit die wors in die oondbak en sprinkel steak & chops spice oor alles, Sny die ui op en pak die wors toe daarmee.

Maak die bak toe en sit in die oond vir 'n uur teen 180C. Kyk na 'n uur of die aartappels gaar is, indien nie sit vir nog 'n rukkie in die oond.

Sousie kan dikker gemaak word deur dit af te gooi in 'n pannetjie en 'n halwe teelepel meel in ‘n kwart koppie water en roer, roer in die sous.