Wednesday 26 July 2017

AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE



Huiskos se


AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE

2 Koppies Lou Water, 1 Groot ongeskulde aartappels, in 8 blokkies gesny, 3 teelepels suiker, 1 Koppie Koekmeel, 1/2 teelepel Sout
Plaas die aartappels, suiker en sout in die lou water. Strooi die 1 koppie meel liggies oor. Roer die 2 keer. Sit dit in houer wat 2 keer die volume van die beslag kan neem. Sit doekie oor, sit in plastieksak, en vou die houer toe in kombers.... Laat dit oornag staan. Die volgende oggend kan 1/2 koppie uitskep om brood mee te bak. Sit die res in glasfles in die yskas , kan dit tot 3 weke lank so hou. Hierdie plantjie kan gebruik word vir enige suurdeegbeslag. As die vloeistof klaar is, kan net weer die helfte van die water, suiker, sout en meel byvoeg.