Thursday 20 July 2017

VISVINGER PASTEI



VISVINGER PASTEI:

BENODIG:
16 Goudgebraaide Visvinger
Tuisgemaakte tamatie & uie-smoor [blikkie sal ook doen]...
Halwe pakkie Sampioensop poeier
125ml Vars Room

2 Eetlepels broodkrummels
5ml Flippen Lekka Spice gemeng met
1 Koppie gerasperde Cheddar kaas.

MAAK SO:
Plaas die gebraaide visvingers in ‘n gesmeerde bakskottel en gooi die tamatie & uie-smoor bo-oor. Klits die soppoeier en room goed sodat daar geen klonte is nie en voeg by. Besprinkel nou met die krummel en spesery mengsel. Strooi kaas bo-oor en bak in die oond @ 180g vir 20 min. Sit voor met ‘n groen slaai.
WENK:
Gebruik ander speserye as jy nie flippen lekka spices het nie.