Thursday 20 July 2017

HEEL GEKOOKTE MEXIKAANSE EIERS



HEEL GEKOOKTE MEXIKAANSE EIERS

Gee ’n gewone ou gekookte eiertjie ekstra skop met ’n tamatiesmoor wat byt....

JY BENODIG
(genoeg vir 6)
12 eiers
2 eetlepels olie

1 rooiui, middeldeur en in dun skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 eetlepel kerriepoeier
2 teelepels borrie
1 blik (410 g) Mexikaans-gegeurde tamatie
sout en gemaalde swart peper

SO MAAK JY:
Sit die eiers in ’n groot kastrol vol koue water en verhit dit tot kookpunt. Kook dan die eiers vir presies 7 minute (dus vandat die water begin kook). Gooi die kookwater af en tap koue water oor die eiers. Laat staan dit vir 10 minute.
Dop die eiers af en hou hulle eenkant.
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag. Gooi die kerrie en borrie by en braai dit vir nog 3 minute.
Gooi nou die tamatie by, verhit die mengsel tot dit borrel en sit weer die eiers by tot alles deurwarm is. Skepdie eiers en sous dan in ’n skoon glas fles en bêre dit in die yskas of sit dit dadelik voor.

(Weg)