Monday 10 July 2017

VEGETARIESE EIER FRIKADELLE



VEGETARIESE EIER FRIKADELLE
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 30 minute, plus yskastyd
Gaarmaaktyd: 20 minute
6 groot eiers...
25 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml fyngemaakte droë rissies (opsioneel)
3-4 murgpampoentjies, grofgerasper
1 blik (400 g) keker-ertjies, afgespoel
5 ml garam masala
100 g koekmeel
150 g vars witbroodkrummels
sonneblomolie, vir diepbraai
slaai en slaaisous, om voor te sit
METODE:
Verhit water tot kook- punt en laat die eiers vir agt minute prut. Skep dit in koue water, dop
dit af sodra dit afgekoel het, en druk dit droog.
Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die ui vir ’n minuut. Voeg die knoffel, rissie en murgpampoentjie by en roerbraai dit vir ’n paar minute. Haal van die plaat af. Verpulp saam met die keker-ertjies en garam masala in ’n voedselverwerker. Geur.
Vou van die mengsel rondom elke eier.
Klits die orige eiers. Doop die toegedraaide eiers in meel, dan in die geklitste eier en laastens in die krummels. Sit vir 10-15 minute in die yskas. Braai goudbruin in matig warm olie en sit voor met ’n slaai