Monday 10 July 2017

TUNA AARTAPPEL MET GESMELTE KAAS



TUNA AARTAPPEL MET GESMELTE KAAS
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C...
4-8 aartappels, afhangend van die grootte
2 blikkies tunastukke
3 sprietuie, fyngekap
2 wortels, geskil en gerasper
250 ml mayonnaise
50 ml tamatiesous
200 ml gerasperde mozzarella
slaai, om voor te sit
METODE:
Prik die aartappels en maak dit vir 7-10 minute halfgaar in die mikrogolfoond.
Pak dit dan op ’n bakplaat en rooster dit vir 20 minute in die verhitte oond.
Meng intussen die tuna, sprietuie, wortel, mayonnaise en tamatiesous en geur dit na smaak.
Sny die gaar aartappels oop en skep die tunamengsel binne-in.
Sprinkel kaas bo-oor en rooster dit onder die oond se element tot die kaas goudbruin is.
Sit dit voor met ’n slaai.