Wednesday 12 July 2017

VARKWORSIE EN SAMPIOEN BURGERS



VARKWORSIE EN SAMPIOEN BURGERS

6 groot bruin sampioene
12 groot, goeie varkworsies
45 ml gesnipperde, vars salie...
Varsgemaalde swartpeper en 2 fyngedrukte
knoffelhuisies (opsioneel)
6 groot broodrolletjies
60 ml sagte botter
30 ml sterk aangemaakte mosterd
Olyfolie en suurlemoensap
Slaaiblare

METODE:
Voorverhit die oond tot 190 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Spuit dit liggies met kleefwerende kossproei of smeer liggies met olie. Gebruik jou duim om die stingels van die sampioene af te knak. Kap die stingels van die sampioene baie fyn en gooi in ’n mengbak.
Druk die vleis uit die worsderms en meng dit met die gekapte sampioene en salie. Geur met varsgemaalde swartpeper en ’n bietjie vars knoffel, indien verkies. Pak die sampioene met die stingelkante na bo op die bakplaat. Verdeel die vleismengsel in ses gelyke dele en skep op die sampioene.
Versprei egalig oor sampioene. Oondrooster vir ongeveer 15 minute, tot die worsvleis en die sampioene gaar is. Meng intussen die sagte botter en mosterd. Sny die broodrolletjies oop en smeer met die mosterdbotter. Besprinkel die sampioene liggies met olyfolie en vars suurlemoensap en sit ’n warm sampioen op elke rolletjie. Sit slaaiblare bo-op en sit dadelik voor.

Lewer ses porsies.

(Landbou)