Wednesday 12 July 2017

Alles-in-een-broodjie



Alles-in-een-broodjie
(4 porsies)

• 6 broodrolletjies van jou keuse
• 45 ml botter...
• 250 g spek
• 250 g roomkaas
• 6 eiers
• sout en varsgemaalde swartpeper
• slaaiblare van jou keuse

Verhit oond tot 180 ˚C. Sny bokant van rolletjies oop en maak klein holte in broodjie deur ’n bietjie van die brood uit te skep met ’n lepel (jy kan dit vries vir broodkrummels). Smeer broodjies met botter aan die binnekant en plaas op oondpan wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verdeel spek tussen broodjies gevolg deur ’n eetlepel roomkaas. Breek ’n eier in elke broodjie en geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute of tot eiers gestol is. Sit warm voor met slaaiblare van jou keuse.

(Sarie)