Monday 10 July 2017

SPEK EN KAAS KOEKIES



SPEK EN KAAS KOEKIES
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
sonneblom- of kanola-olie...
1 ui, fyngekap
250 g spek, fyngekap
200 ml koekmeel, gesif
5 ml bakpoeier
2 eiers, liggies geklits
45 ml melk
250 ml fyngerasperde cheddar
30 ml fyngekapte pietersielie
aartappelwiggies, om voor te sit
slaai, om voor te sit
METODE:
Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die spek by en braai dit vir ’n paar minute tot dit gaar is. Laat dit eenkant afkoel.
Meng die meel en bakpoeier, geur dit met sout en peper en maak ’n holte in die middel. Gooi die eiers en melk in die holte en roer dit kante toe tot die droë bestanddele net-net ingemeng is.
Voeg die kaas, pietersielie en spekmengsel by en meng dit net in. Verhit nog ’n bietjie olie. Braai lepels vol van die beslag vir ’n minuut aan ’n kant oor matige hitte gaar. Sit dit voor met aar-tappelwiggies en ’n slaai.