Monday 10 July 2017

GEURIGE SUURLEMOEN VISVINGERS



GEURIGE SUURLEMOEN VISVINGERS
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
100 g droë broodkrummels...
40 ml gekapte vars pietersielie
gerasperde skil van 2 suurlemoene
1 rissie, ontpit en gekap (opsioneel)
400 g visfilette, in dik repe gesny
1 groot eier, geklop olie vir vlakbraai
geurige rys, groenslaai, suurlemoenwiggies en tartare-sous om voor te sit
METODE:
Meng die krummels, pietersielie, suurlemoenskil en rissie. Doop die vis in die geklopte eier en dan in die krummelmengsel. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan en braai die visrepe tot goudbruin en deurgaar.
Sit dit voor met geurige rys, groenslaai, suurlemoenwiggies en tartare-sous.