Monday 31 July 2017

Sjokolade-ryspoeding



Sjokolade-ryspoeding

BESTANDELE:
1 L volroommelk
125 g botter...
1 x 175 g-pakkie Oreokoekies, grofgekap
10 ml (2 t) kakao
2 x 90 g-plakke donkersjokolade, in blokkies gebreek
500 ml (2 k) gaar witrys

METODE:

1. Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n oondvaste bak met botter.

2. Meng die melk en botter in ’n swaarboomkastrol en verhit.

Roer die koekies, kakao en sjokolade deur die melkmengsel en laat vir 3-5 minute liggies kook. Verwyder van die hitte.

3. Roer die rys deur en skep die poeding in die voorbereide oondvaste bak. Bak die poeding vir 15 minute en sit warm voor saam met room of vla.