Frittata
BESTANDELE:
...











METODE:
1. Maak ’n bietjie olie in ’n groot braaipan warm. Die pan moet ook in die oond onder die rooster gesit kan word – daarom moet dit nie plastiekdele hê nie.
2. Soteer die ui en soetrissies of Peppadews™, roer die sampioene by en braai dit tot gaar.
3. Roer die pynappel, ham en sprietui by. Haal die pan van die plaat af en stel die hitte af na matig.
4. Klits die eiers en melk saam. Sit die pan weer op die plaat en giet die eiermengsel oor die bestand-dele in die pan. Laat die frittata stadig gaar word, totdat dit onder goudbruin is. Die eiermengsel moet amper bo-op gestol wees – toets dit deur die kante van die frittata met ’n eierspaan weg te trek. Jy kan ook ’n deksel opsit. Skakel intussen die oondroosterelement aan.
5. Sit die pan (sonder die deksel) vir so 5 minute onder die rooster, sodat die eier bo-op kan stol.
6. Sny die frittata in wiggies en sit dit voor saam met lekker brood of slaai.