Monday 31 July 2017

Kaaswors-en-spinasiebrood



Kaaswors-en-spinasiebrood

1 Middelslag broodjie
Bereiding: 20 min.
Rystyd: 30 min...
Baktyd: 25-30 min.

15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
115 g kaas-braaiwors, gekap
675 g koekmeel
7 ml (1½t) sout
3 ml (¾ t) fyn neutmuskaat
10 g kitsgis
475 ml lou water
225 g spinasie, gekap
25 g cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n middelslag-broodpan.

Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en wors tot goudbruin.

Sif die meel, sout en neutmuskaat in ’n mengbak saam. Voeg die gis by en maak ’n dammetjie in die middel. Giet die water by.

Voeg die ui en wors saam met die vet in die pan by. Voeg die spinasie by. Roer met ’n houtlepel tot ’n sagte deeg vorm.

Knie 5 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties. Plaas die deeg in die voorbereide pan.

Bedek liggies met kleefplastiek en laat 30 minute op ’n warm plek staan tot dit in volume verdubbel het.

Sprinkel die kaas oor en bak 25-30 minute of tot die brood hol klink wanneer jy daarop klop. Laat op ’n draadrak afkoel.

WENK: Sorg dat die water nie te warm is nie, want dit kan die gis laat doodgaan.