Thursday 20 July 2017

Ray Dylan se filet



Ray Dylan se filet
4 tot 6 porsies

Bestanddele

60 ml (4 e) suurlemoensap
60 ml (4 e) olyfolie
1 kg beesfilet sout na smaak speserye na smaak
300 g mozzarellakaas, in skywe gesny
KNOFFEL-EN-PEPER-SOUS
187 ml (¾ k) volroommelk
250 ml (1 k) room
38 g (1 pakkie) Creamy Garlic-sous van Knorr
38 g (1 pakkie) Black Pepper-sous van Knorr
 

Metode

  1. Meng suurlemoensap en olyfolie saam in glasbak.
  2. Plaas filet daarin en marineer vir 20 minute.
  3. Plaas filet op rooster oor warm kole en verf gereeld met oorblywende suurlemoen-en-olie-mengsel.
  4. Geur na smaak met sout en speserye.
  5. Knoffel-en-peper-sous Verhit melk en room saam in kastrol tot warm.
  6. Voeg souspoeier by en roer vinnig met ballonklitser sodat dit nie klonte vorm nie.
  7. Laat vir 1 minuut prut en verwyder van stoofplaat. Bedek en hou eenkant tot filet gaar is.
  8. Wanneer filet halfpad gaar is, plaas mozzarellakaas op en laat smelt.
  9. Verwyder van vuur en sit warm voor saam met knoffel-en-peper-sous, asook bykosse soos verkies.