Monday 10 July 2017

Patatas Bravas



Patatas Bravas
• Prik 3 groot, ongeskilde aartappels oraloor en sit in ’n bakkie met ’n bietjie water.
• Mikrogolf vir 5-7 min. op hoog tot halfgaar.
• Laat afkoel en sny in dik wiggies.
• Meng 225 g (1½ k) meel, 100 g (2⁄3 k) mielieblom, 5 ml (1 t) bakpoeier, 5 ml (1 t) gerookte paprika, 5 ml (1 t) sout en 500 ml (2 k) bier....
• Verhit genoeg sonneblomolie vir diepbraai in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Doop die aartappels in die deeg en diepbraai tot goudbruin en gaar.
• Haal uit en strooi gerookte paprika, sout en brandrissievlokkies oor.

(Rooi Rose dankie vir die foto en Resep)