Tuesday 4 July 2017

Eierslaai-toebroodjie



Eierslaai-toebroodjie
Genoeg vir 2-4 mense
...
6 eiers
200 ml (¾ k) natuurlike Griekse jogurt
45 ml (3 e) mayonnaise
’n klein hand vol grasuie, gekap
sout en peper

’n hand vol roketblare, vir voorsit
2 tamaties, in dun skywe gesny
1 avokado, in dun skywe gesny
2 ciabatta-rolle, oopgesny

1.Plaas die eiers in ’n groot kastrol en bedek met koue water.

2.Bring tot kookpunt en kook 1 min. Bedek die kastrol met eiers met ’n styfpassende deksel en verwyder van die hitte. Sit 10 min. eenkant.

3.Dreineer goed en laat afkoel voor jy dit afdop en in blokkies sny.

4.Maak die eiers grof fyn in ’n groot bak saam met die jogurt, mayonnaise, grasuie, sout en peper.

5.Pak die roket, tamatieskywe, eiermengsel en avokado in lae in die rolletjies.