Thursday 20 July 2017

Omelet



Omelet
Genoeg vir: 1 persoon
...
• 3 eiers
• 45 ml water
• 2 ml sout

• varsgemaalde swartpeper na smaak
• 30 ml botter of olie

1 Klits die eiers tot goed gemeng. Voeg die water, sout en swartpeper by. Maak die pan warm oor matige hitte en verhit die botter of olie daarin. Giet die eiermengsel in die pan, verlaag die temperatuur en laat dit oor lae hitte gaar word.
2 Sodra die mengsel begin stol, lig dit effens op aan die rande sodat die rou eier onderin kan loop en gaar word. Moenie die omelet roer of breek nie.
3 Wanneer die omelet dik en romerig lyk, vou dit toe oor ’n vulsel van jou keuse. Laat dit op ’n warm bord afgly en sit dit onmiddellik voor.