Thursday 20 July 2017

Soufflé-omelet met kaas



Soufflé-omelet met kaas
Skei 3 eiers. Klits die eierwitte styf en, sonder om die klitser te was, klits die eiergele tot skuimerig. Voeg 45 ml water, sout en peper by die eiergele. Vou die eiergele, ’n hand vol gerasperde kaas (gebruik ’n mengsel van beleë cheddar, parmesaan en gruyère) en ’n strooisel gekapte grasuie met ’n groot metaallepel in die styfgeklitste eierwit. Giet die eiermengsel in ’n... gesmeerde 20 cm braaipan en braai dit vir sowat ’n minuut.
Sprinkel met ekstra kaas en rooster onder ’n voorverhitte roosterelement tot die kaas gesmelt en goudbruin en die eier deurgaar is. Glip dit uit op ’n dienbord en sit voor saam met ekstra kaas.

WENKE

• Wanneer jy ’n omelet gaan maak is dit belangrik dat jy die olie of botter so warm
as moontlik in die pan maak voordat jy die eiers ingooi. Gooi die eiermengsel in net voor die botter begin bruin word. En as jy die eiers ingooi moet jy die pan rondbeweeg sodat die eiers die bodem bedek.
• Een omelet is voldoende vir een persoon en omdat dit so maklik is om te maak is dit nie die moeite werd om een grote te maak en dit dan in die helfte te deel nie. Afhangend van hoe honger jy is, kan jy 2-3 eiers per persoon gebruik.

(Tuis)