Tuesday 4 July 2017

Konfytkoekies



Konfytkoekies
•Lewer 25 koekies...
Jy benodig:
•125 g botter, kamertemperatuur
•125 ml (½ k) olie
•125 ml (½ k) bruinsuiker
•3 eiergele
•30 ml (2 e) melk
•7 ml (1½ t) vanielje-ekstrak
•’n knippie sout
•500 ml (2 k) meel
•versiersuiker, vir rol
•125 ml (½ k) konfyt
Maak so:
1.Voorverhit dit oond tot 180 °C. Voer twee koekieplate met bakpapier uit.
2.Room die botter, olie en bruinsuiker saam tot donsig. Skraap die kante van die bak af. Voeg die eiergele, melk, vanielje en sout by, en klits tot goed gemeng. Voeg die meel geleidelik by en meng goed.
3.Meet sowat 10 ml (2 t) deeg vir elke koekie af en rol in balle. Plaas die versiersuiker in ’n bakkie en rol die balle deeg in die suiker tot bedek. Maak met die agterkant van ’n teelepel of jou duim ’n ronde gat in die bokant van elke koekie.
4.Bak 10 minute en haal dan uit die oond. Dit kan nodig wees om die gat weer met ’n lepel te skep. Plaas sowat 5 ml (1 t) konfyt in elke gaatjie.
5.Bak nog 5 minute of tot effens verbruin. Haal uit die oond. Laat 5 minute op die bakplaat afkoel en verplaas dan na ’n draadrak om heeltemal af te koel.