Tuesday 4 July 2017

Kaas en Spek Happie



Kaas en Spek Happie

Bedien 6  (2 per persoon)
Bestanddele
12 snye witbrood
12 snye geprosesseerde kaas
12 repe strepiespek
olyfolie
vars roosmaryn
Metode Verhit die oond tot 170C. Lê die snye brood op ‘n werkoppervlak en rol elkeen plat met ‘n koekroller. Lê ‘n sny kaas op elke sny brood. Rol die snye brood op en draai die spek rondom dit. Plaas op ‘n bakplaat, sprinkel met olyfolie en sprinkel ‘n paar takkies roosmaryn bo-oor. Bak totdat die rolletjies goudbruin en bros is. Bedien met tamatie of barbecue sous!
 
Kok se raad Verwyder die korsies van die brood, ek het nie en het my les geleer! Dit sou lekker wees om meer spek te gebruik, maar, te veel​​van-‘n-goeieding…… jy besluit!
– Jy kan gerasperde mozzarella en ‘n ‘n bietjie tamatie smoor in die snack gebruik as jy probleme het met geprosesseerde kaas!