Thursday 20 July 2017

Klubtoebroodjie



Klubtoebroodjie
Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
...
• 30 ml botter
• 30 ml olie
• 300 g hoenderborsfilette
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 8 repe swoerdlose spek
• 8 snye witbrood
• 60 ml mayonnaise
• 4 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
• 2 ryp, ferm tamaties, in skyfies gesny
• 4 agurkies, in skyfies gesny
• vars roket
• 20 ml korrelrige mosterd

1 Verhit die botter en olie in ’n braaipan. Braai die hoenderborsfilette in die braaipan totdat dit goudbruin en gaar is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Laat eenkant staan tot afgekoel, en sny dan in repies.

2 Braai die spek in dieselfde braaipan tot bros. Dreineer op handdoekpapier.

3 Smeer 4 snye brood met mayonnaise. Verdeel die gesnyde hoender tussen die snye. Plaas nou 2 repe spekvleis bo-op elke sny brood, gevolg deur die eierskyfies, tamatieskyfies, agurkies en roket.

4 Smeer die oorblywende 4 snye brood met ’n lagie mosterd en plaas dit bo-op. Sny die broodjies diagonaal in die helfte en sit voor saam met aartappelskyfies.