Thursday 20 July 2017

GEBAKTE EIERS MET WORSIES



GEBAKTE EIERS MET WORSIES
Oorskiet-braaivleis is ook ideaal vir dié resep
Genoeg vir: 4...
Oondtemperatuur: 180 °C
BESTANDELE:
1 ui, gekap
15 ml olyfolie

1 knoffelhuisie, gekap
1 blik keker-ertjies, gedreineer
300 g baba-spinasieblare gewas
gaar boereworsstukke, in happiegroot stukke gesny (oorskiet vleis van braai, ens werk ook lekker)
200 ml roomkaas met ’n grasuie-geur
8 eiers
METODE:
1 Braai die ui in die olie tot glansend. Voeg die knoffel, keker-ertjies en spinasie by en braai tot die spinasie sag is. Roer die wors en roomkaas by en verhit tot deurwarm. Skep dit in vier gesmeerde bakkies met ’n inhoudsmaat van 350 ml.
2 Breek twee eiers in elke bakkie, geur dit met sout en peper en bak dit sowat 20 minute of tot deurgaar. Sit dit voor met brood as ’n ligte aandete of selfs vir ontbyt