Tuesday 4 July 2017

DIERETUIN-TOEBROODJIES



DIERETUIN-TOEBROODJIES
4 toebroodjies

botter vir smeer
1 klein pynappel, afgeskil en in skywe gesny...
50 g cheddarkaas, in skyfies gesny
4 skywe ham
groot dier-koekievorms of enige andergroot koekievorm
rosyntjie-snippers

1 Smeer elke sny brood met botter en pak ’n skyf pynappel, kaas en ham op elkeen. Maak die broodjie toe met die ander snye.

2 Kies jul gunsteling koekie-diervorm en sny die broodjie in die verlangde vorm.

3 Druk ogies van rosyntjiesnippers in. 4 Bêre in ’n lugdigte houer en hou in die koelsak. 5 Sit 1-2 toebroodjie aan elke kind voor afhangende van die kind. Wenk Dié toebroodjies kan in ’n snackwich-masjien gaargemaak word.