Tuesday 4 July 2017

REËNBOOG-PLAATKOEKIES



REËNBOOG-PLAATKOEKIES
6 porsies

4 x 250 ml (4 k) meel
375 ml (1½ k) korrelsuiker...
30 ml (2 e) bakpoeier
6 eiers
500 ml (2 k) melk
60 ml (4 e) botter, gesmelt
rooi, groen, blou en geel voedselkleursel
olie vir braai

1 Meng al die bestanddele behalwe die olie saam.

2 Verdeel die mengsel tussen 5 klein bakkies en kleur die inhoud van elke bakkie ’n ander kleur: rooi, groen, blou, pers (rooi en blou gemeng) en geel.

3 Smeer ’n swaarboompan en verhit oor medium hitte. 4 Plaas teelepels vol beslag in die pan en braai tot borreltjies in die middel vorm. Draai die plaatkoekie om en braai die ander kant tot goudbruin. 5 Verwyder van die hitte en laat afkoel voor dit in ’n lugdigte houer gebêre word. Wenk As jy die plaatkoekies eers laat afkoel, sal dit nie pap word nie.