Thursday 20 July 2017

BobotieKoppies



BobotieKoppies
Genoeg vir 15 mense

 1 sny witbrood
250 ml (1 k) melk
15 ml (1 e) olie
1 ui, fyn gekap
500 g beesmaalvleis
15 ml (1 e) kerriepoeier
20 ml (4 t) suiker
30 ml (2 e) asyn
30 ml (2 e) blatjang
125 ml (½ k) pitlose rosyne
125 ml (½ k) water

Vla:
1 eier
60 ml (¼ k) room
sout en swartpeper
30 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan.

1. Week die brood in 125 ml (½ k) van die melk.
2. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui tot sag.
3. Voeg die maalvleis by en braai tot goed verbruin.
4. Roer die kerriepoeier in.
5. Druk die melk uit die brood en krummel die deurweekte brood by die maalvleis in.
6. Voeg die suiker, asyn, blatjang, rosyne en water by die maalvleis.
7. Roer en laat prut 10 min. of tot die maalvleis gaar en die mengsel amper droog is, maar steeds klam.

Vla:
1. Klits die eier, room, oorblywende melk, sout, peper en botter saam tot goed gemeng.
2. Skep die maalvleisvulsel in die muffinholtes en bedek met die vla.

Laat 5 min. staan en bak 15 min. of tot die vla geset het