Thursday 20 July 2017

UIE-TJOPS



UIE-TJOPS
GENOEG VIR 2-4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Staantyd: 15 min....
Gaarmaaktyd: 15-20 min.

BENODIG:
10 ml (2 t) olie
15 ml (1 e) botter
1 ui, in ringe gesny
4-6 lamstjops
pas gemaalde swartpeper
10 ml (2 t) steak-en-tjops-speserye
60 ml (¼ k) worcestersous

MAAK SO:
Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die uieringe tot sag en bruin. Laat op kombuispapier dreineer en hou eenkant.
Plaas die tjops in ’n glasbak, geur met die peper en speserye en giet die worcestersous oor. Laat 15 minute staan.
Braai die tjops op warm kole tot net gaar. Draai gereeld om.
Skep die gebraaide uiringe bo-op die tjops en sit voor