Wednesday, 12 July 2017

Stokvis-broodjie met tartaresous



Stokvis-broodjie met tartaresous
genoeg vir 6
500 ml fyn polenta
15 ml gemengde gedroogde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper...
2 eiers, geklits
6 stokvisfilette, ontdooi
6 broodjies van jou keuse, middeldeur gesny
55 g (60 ml) sagte botter
30 g slaaiblare van jou keuse
1 wit-ui, in ringe gesny4 tamaties, in skywe gesny
sonneblomolie vir vlakbraai
125 g-houer tartaresous (sien bl. 142)

Meng polenta met kruie en geur goed met sout en peper. Gooi geklitste
eier in plat bak en doop visfilette in eier. Bedek met polenta-krummels
en herhaal die proses nog een keer. Sny broodjies in helfte en smeer
met botter. Verdeel slaaiblare tussen broodjies en pak op een helfte, gevolg
deur paar skywe uie en tamatie. Verhit sonneblomolie in pan tot
warm en vlakbraai die gekrummelde filette – sowat 5 – 8 minute per kant
of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en plaas filette op
broodjies met slaai. Skep tartaresous oor en plaas ander helfte van broodjie
bo-op. Sit voor.

(Sarie)

No comments:

Post a Comment