Friday 30 June 2017

WARM BOONTJIESLAAI



WARM BOONTJIESLAAI
30 ml olyfolie
1 middelslag ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus ...
1 klein, rooi soetrissie,in kort repe gesny
75 g groenbone, ente verwyder en in 2 cm-stukke gesny

15 ml balsam-asyn
50 g knopiesampioene, in skywe gesny
410 g-blik gemengde boontjies, afgespoel en goed gedreineer.
Verhit 15 ml van die olyfolie in 'n swaarboompan. Soteer die ui vir 2 minute oor medium hitte. Voeg die knoffel, soetrissie, groenbone, sampioene en asyn by, laat 5 minute kook, roer af en toe. Meng die boontjies tesame met die oorblywende 15 ml olyfolie by die groente, verhit tot goed deurwarm. Sit warm voor met geroosterde dik skywe Italiaanse brood.