Friday 30 June 2017

Heuningkluitjies



Heuningkluitjies

Warm nagereg met ’n leksel vla of ’n skeppie roomys is altyd ’n gunsteling....

■ 500 ml kookwater...
■ 180 ml bruinsuiker
■ 80 ml heuning
■ 100 g botter
■ 375 ml bruismeel
■ 1 ekstragroot eier
■ 180 ml melk

Verhit die kookwater, suiker, 60 ml (¼ k) van die heuning en die helfte (50 g) van die botter in ’n groot kastrol tot die suiker gesmelt is.

Vryf intussen die res van die botter by die bruismeel in tot die meel soos broodkrummels lyk. Klits die eier, melk en die res van die heuning saam en voeg by die meelmengsel. Sny in tot ’n stywe beslag vorm.

Verhit die sous tot dit liggies kook. Skep lepels vol van die beslag in die kokende stroop. Bedek en laat prut vir 15-20 minute sonder om die deksel een keer af te haal. Sit voor met vanieljeroom of roomys. Lewer 6 porsies.