Friday 30 June 2017

BIER VETKOEK DEEG



BIER VETKOEK DEEG

500 g bruismeel
2 biere
15 ml bruin uiepoeier
2 eiers
250 ml wit sampioene, gesnipper
250 ml geskeurde salami-skyfies
250 ml gerasperde soetmelkkaas
1 wiggie bloukaas, gekrummel
15 ml bruin uiesoppoeier
METODE:
Meng bruismeel met 2 biere en meng handvol kruie daarin, asook die bruin uiesoppoeier.
Klits 2 eiers liggies en roer alles deur.
Smeer ‘n swaar ysterpot goed met botter.
Pak helfte van deeg onder-in en pak die sampioene, salami, soetmelkkaas, bloukaas en bruinuiesop bo-op.
Pak die res van deeg bo-op.
Herhaal die proses indien verlang.
Bak toe in medium oond vir 30 tot 40 minute.
Haal deksel af en verbruin (hou dop!).
Keer uit op plank.

OF
500g meel met 1 pakkie gis en dan sit ek die water by totdat hy net lekker klam, sag en hanteerbaar wees. Knie hom goed op 'n meelbestrooide oppervlak, sit terug in 'n glasbak wat geolie is en laat rys tot dubbel die grote (warmerige plekkie - in die winter is 'n kar wat in die son gestaan het die idiale plek daarvoor) en dan kan jy met hom maak wat jy wil.