Friday 30 June 2017

Tamatie-en-Kaaspasteitjies



Tamatie-en-Kaaspasteitjies
 2 x 200 g-rolle Blaardeeg, ontdooi
 1 x 410 g-blik Italiaanse geur tamtiesmoor...
 100 g/250ml gerasperde Cheddarkaas
 1 eier, geklits
 2ml sout
 10ml gedroogde origanum – vars origanumblare vir garnering

Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer kolwyntjiepanne met botter of margarien. Rol die blaardeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels uit wat groot genoeg is om in die holtes van die pan te pas. Plaas die deegsirkels in die holtes van die gesmeerde panne. Meng die tamatiesmoor,kaas,eiers, sout en origanum en skep lepelsvol op elke deegsirkel. Bak die tertjies ongeveer 20 minute lank tot ligbruin. Sit louwarm voor en garneer met varsgekapte origanumblare.

Variasie: Die tertjies kan ook in groter panne gebak word. Dit kan dan as ligte ete met ‘n groenslaai voorgesit word