Friday 30 June 2017

Vinnige maalvleisrol



Vinnige maalvleisrol
6 porsies...

bietjie olie
 1 ui, gekap
 2,5 ml (½ t) droë pietersielie
 2,5 ml (½ t) gemengde kruie
 600 g beesmaalvleis
 knypie rooipeper
 Blik gemengde groente
 2,5 ml (½ t) sout
 30 ml (2 e) blatjang
 5 ml (1 t) sojasous
 1 ml knoffelsout
 2 ml braaivleisspeserye (barbeque spice)
 1 eier
 187 ml (¾ k) vars broodkrummels
 400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
 bietjie melk vir bo-oor

Stel oond op 220 °C.

1 Verhit olie en soteer ui, pietersielie en kruie tot ui sag is.
2 Voeg maalvleis by. Roer tot maalvleis nie meer pienk is nie. Dit hoef nie heeltemal gaar te wees nie. Verwyder van stoofplaat.
3 Meng oorblywende bestanddele by maalvleis en roer tot goed gemeng.
4 Rol skilferkorsdeeg oop en effens platter, nie te veel nie.
5 Spuit bakplaat van ongeveer 30 cm x 36 cm met kossproei.
6 Skep maalvleis op lang kant van reghoekige deeg.
7 Rol versigtig op en plaas op bakplaat.
8 Verf bietjie melk oor maalvleisrol.
9 Bak vir 15 minute by 220 °C en draai hitte dan af na 180 °C vir 25 minute.
10 Sit in skywe voor.