Wednesday 21 June 2017

TAMATIE EN EIERVRUG GEBAK



TAMATIE EN EIERVRUG GEBAK
800 g eiervrug (1 groot, 2 medium)
sout
olie
50 g (125 ml) mozzarella...
1 ui, fyngekap
10 ml olyfolie
2 blikke heel tamaties, fyngemaak
5 ml gedroogde of 15 ml vars oreganum
25 ml tamatiepuree
10 ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
Begin deur jou eiervrug reg te kry. Sny in skywe van ongeveer 1 cm elk. Sout dit en hou eenkant.
Nou kan jy eers met die tamatiesous aangaan. Braai die ui in 'n groot braaipan in 'n bietjie olie tot sag en deurskynend.
Voeg die tamaties by, asook die res van die bestanddele.
Bring tot kookpunt en laat vir minstens 15 minute vinnig kook.
Terwyl die tamatiesous kook kan jy aangaan met die eiervrug. Was en droog die skywe af.
Bedek dan die bodem van 'n braaipan met olie – olyf of sonneblom – en verhit. Braai nou die eiervrugskywe tot hulle bruin, sag en amper deurskynend word. Gooi nog olie by as dit te droog word. Dit neem tot 8 minute, wat jy die skywe deurentyd omdraai, om hulle regtig gaar en lekker te kry.
Pak dan die skywe in 'n laag in 'n oondbak. Skep 'n laag tamatiesous oor. Herhaal tot alles op gebruik is. Eindig met tamatiesous. Sprinkel die kaas oor en bak in 'n oond voorverhit tot 180 ˚C vir ongeveer 30 minute