Thursday 22 June 2017

Beesfilet-en-soetrissie-roerbraai



Beesfilet-en-soetrissie-roerbraai
2 t olie
500 g steakfilet, in dun repies gesny
’n knippie vyfspeserye-poeier
sout...
1 medium rooi soetrissie, in dun skyfies gesny
1 medium groen soetrissie, in dun skyfies gesny
1 klein ui, in dun skyfies gesny
2 e water
2 e bruinsuiker
1 e sojasous met ’n lae natriuminhoud
1 e mielieblom
1⁄4 t varsgemaalde swartpeper
3 e water
gaar rys, vir opdiening

AANWYSINGS:

Neem ’n pan van 30 cm en verhit olie op medium hitte tot warm. Sprinkel die vyfspeserye-poeier en 1⁄4 t sout oor die steak; sit dit in die pan. Braai vir 3 minute of tot net verbruin, roer af en toe. Skep die steak met ’n gaatjieslepel oor in ’n medium bak.

Sit die soetrissies, uie, 2 eetlepels water en ’n knippie sout in die pan. Bedek en braai vir 5 minute of tot effens sagter, roer af en toe.

Klop die suiker, sojasous, mielieblom, 3 eetlepels water en swartpeper saam in ’n klein bakkie tot glad. Gooi dit in die pan en laat prut vir 1 minuut tot verdik. Voeg die beesvleis en enige pansouse wat gevorm het, by. Braai vir 1 minuut of tot die vleis deurgaar is. Bedien saam met rys.