Friday 9 June 2017

Quiche met tamatie en bokmelkkaas




Quiche met tamatie en bokmelkkaas
As jy nie van die bokmelkkaas hou nie, vervang dit met ricottakaas

Resep Bestanddele
1 1/4 koppies meel, plus nog vir uitrol...
1 t suiker
1/2 t sout
1/2 koppie koue botter of margarien, in blokke gesny
2 tot 3 e yswater
2 e ekstrasuiwer-olyfolie
340 g sprietuie of salotte, fyngekap (1 3/4 koppies)
knippie cayenne-peper
5 groot eiers
1 3/4 koppies volroommelk
110 g bokmelkkaas, gekrummel
3/4 koppie pruimtamaties, pitte uitgekrap en fyngekap
gekapte vars pietersielie, vir garnering

Resep Aanwysings
1.Meng die meel, suiker, en 1/4 sout in ’n kosverwerker (gebruik die mesaksie). Voeg botter of margarien by en pols tot dit soos growwe krummels lyk. Sprinkel yswater by, 1 eetlepel op ’n slag. Pols na elke byvoeging tot groot, klam krummels vorm.
2.Vorm die deeg in ’n sirkel en draai in kleefplastiek toe. Verkil vir 30 minute of oornag (indien oornag, haal so 30 minute voor jy dit wil rol uit die yskas uit).
3.Voorverhit oond tot 200°C. Rol die deeg nou met ’n meelbestrooide koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uit om ’n 30 cm-sirkel te vorm. Voer ’n quichepan versigtig met die deeg uit sonder om te trek. Sny die oorhangkante af. Vries vir 15 minute.
4.Voer die deeg met foelie uit en vul met pasteigewiggies, droë bone of ongekookte rys. Bak blind vir 25 tot 30 minute of tot dit droog gebak is. Haal foelie en gewiggies uit en bak vir 10 tot 15 minute tot goudbruin. Skep die kors oor op ’n bakplaat.
5.Terwyl die kors bak, verhit olie op medium in ’n 30 cm-braaipan. Gooi die uie, cayenne-peper en ’n knippie sout by. Braai vir 6 tot 8 minute of tot sag, roer gereeld.
6.Klits die eiers tot goed gemeng in ’n groot bak. Klits die melk by tot glad. Roer die bokmelkkaas, tamaties, gaar uie en ’n knippie sout by. Gooi die mengsel versigtig in die kors.
7.Bak vir 30 tot 35 minute of tot kante geset en die middel nog effe loperig is. Laat koel op ’n draadrak af tot kamertemperatuur. Garneer met pietersielie.