Friday 9 June 2017

Omelet-Koek



Omelet-Koek
6 porsies
...
Bestanddele
4 rooi soetrissies
2 e wit balsemiekasyn
2 e olyfolie
1 e vars oreganum

21 plaaseiers
halwe k room
200 g jongspinasie
halwe knoffelhuisie, fyngedruk
vargemaalde sout en peper
250 g roomkaas
6 e basiliekruidpesto
4 e suurlemoengegeurde olyfolie

Voorverhit die oond tot 240 C.

Plaas die soetrissies in 'n oondpan en gooi olyfolie, sout en peper oor. Rooster vir 30 minute, plaas dit in 'n mengbak met kleefplastiek oor en los om te stoom vir 15 minute.

Haal uit, trek skilletjies af en verwyder die stronk en pitte. Sny in kwarte en marineer in wit balsemiekasyn, olyfolie, oreganum en sout en peper.

Terwyl die soetrissie rooster, kan y die omelette begin maak. Meng die eiers en room en geur na smaak. Verhit 'n medium-pan oor matige hitte met 1 e olyfolie. Gooi genoeg eier in om die bodem van die pan te bedek. (Jy wil 7 omelette maak).

Wanneer die eier begin gaar word om die rante, trek dit na die middel van die pan toe en laat rou eier weer na die kante loop. Wanneer die omelet gaar is, keer uit en begin weer tot al die beslag gebruik is. Sny die kante van die omelette mooi netjies.

Braai die spinasie in 'n bietjie botter vir 1 minuut, voeg die knoffel by, en geur na smaak mt sout en peper.

Laat afkoel en druk die oortollige vloeistof uit.

Om die koek saam te stel:

Plaas 'n omelet op 'n koekstaander of mooi opdienbord. Smeer die helfte van die roomkaas egalig oor die omelet.

Plaas nog 'n omlet bo-op en pak die helfte van die soetrissies bo-oor.

Vir die volgende laag, smeer die omelet met 3 e basiliekruidpesto, versprei die helfte van die spinasie oor die omelet en gooi 1 e suurlemoengegeurde olyfolie oor die spinasie.

Herhaal die lae. Geniet onmiddellik of sit opsy vir later.