Friday 9 June 2017

Perfekte hamburger



Perfekte hamburger
1 ui, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 jong murgpampoentjie, in blokkies gesny
2 heel knoffelhuisies met skil...
60 ml olyfolie
1 kg kruisskyf
5 ml worcestersous
5 ml fyngekapte pietersielie
5 ml tabascosous
2 eiers, liggies geklits
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
6 broodrolletjies of ciabatta-broodjies

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Plaas die groenteblokkies op ’n bakplaat en meng met 40 ml van die olie.
2.Rooster 30 minute en roer gereeld.
3.Skep van die bakplaat en laat afkoel.
4.Verwyder die skil van die knoffel en druk dit fyn.
5.Kap die vleis in baie klein stukkies, of sny die vleis in 2,5 cm-blokkies en pols dit presies 10 keer in die voedselverwerker.
6.Meng die vleis, groente en die res van die bestanddele deeglik.
7.Verdeel die vleismengsel in 6 ewe groot balle en druk dit plat om burgers te vorm.
8.Smeer die res van die olyfolie met ’n kwas aan weerskante van die burgers.
9.Verhit ’n gietysterpan oor hoë hitte en verseël die burgers aan weerskante.
10.Verlaag die hitte en braai 4 – 6 minute verder aan elke kant.

Dit kan ook op die kole gebraai word.

Sit dit voor op die broodrolletjies of ciabatta-broodjies met ’n bolaag en sous van jou keuse