Thursday 22 June 2017

Piccalilli



Piccalilli
GROENTE
1 kg Piekel uitjies
1 kg Groen boontjies
1 kg Murgpampoentjies
300 g Wortels
50 g Rooi chillies - pit en al
½ Komkommer
½ Blomkool kop
250 g Sout
2½ liter Water
SOUS
¾ k Koekmeel
½ k Mosterd poeier
½ t Borrie
2 liter Asyn
2 ml Fennegriek - gemaal
METODE
1. Skil en doen jou groente se voorbereiding. Los die uie heel en sny die res van die groente in ewe groot stukkies, ek hou van 3 cm by 3 cm of kleiner.
2. Meng die groente se sout en water saam en roer goed sodat die sout kan oplos. Plaas die groente in die water en laat vir 24 uur staan. Plaas ‘n glas bord op die groente om dit af te druk en ten volle bedek is met die sout water. Roer so 4 keer om die sout oplossing eweredig te versprei. Onthou die groente gaan sout absorbeer en water gaan onttrek word.
Dus is die water om die groente dan nie meer so sout nie, daarom die roer. Werk met plastiek vir hierdie proses as jy die weking doen. Metaal reageer met die sout en jou groente gaan grys word.
3. Dreineer die groente goed voordat dit by die sous gevoeg word.
4. Berei die sous deur al die droë bestanddele saam te sif. Voeg die asyn by en maak ‘n pasta aan. Skep die pasta oor na ‘n kastrol op die stoof en oor matige hitte verhit die mengsel totdat dit verdik het.
5. Voeg die groente by die kokende sous en kook verder vir 20 minute saam.
6. Steriliseer solank jou bottels en hou in die oond totdat dit gevul word. mengsel moet asb dadelik gebottel word en die bottel moet omgedraai word en op sy prop koud word om goed te seël.
BRON: Naceema Patel, Skeerpoort.