Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min. 
2 L (8 k) melk
125 ml (½ k) suiker
250 ml (1 k) meel
5 ml (1 t) sout
30 ml (2 e) fyn kaneel
2 ml (½ t) neutmuskaat
5 ml (1 t) bakpoeier
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) melk
ekstra fyn kaneel vir oorstrooi
 Verhit die melk en suiker in ’n diep kastrol oor matige hitte tot warm (nie kookpunt nie).Meng die meel, sout, kaneel, neutmuskaat en bakpoeier in ’n mengbak.Vryf die botter by die mengsel in. Voeg dan die melk by en meng tot die mengsel krummelrig is.Voeg die botterige meelmengsel by die warm melk en laat prut 20 min. terwyl jy dit af en toe roer.Sit warm voor in bakkies met ’n bietjie van die fyn kaneel bo-oor gestrooi.