Wednesday 28 June 2017

Patat-en-anyspoffers met karamelsous



Patat-en-anyspoffers met karamelsous
genoeg vir 6 – 8
...
• 480 g (500 ml) gaar patats
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier

• 2 eiers
• 10 ml anyssaad
• sout en varsgemaalde swartpeper
• sonneblomolie vir diepbraai
• 100 g kaneelsuiker

KARAMELSOUS
• 200 g (250 ml) suiker
• 75 g (80 ml) botter
• 100 ml water
• 250 ml room
• 1 rooi brandrissie, fyngekap

Plaas patats, koekmeel, bakpoeier, eiers en anys in ’n bak. Meng met houtlepel. Geur beslag met sout en peper. Gooi sonneblomolie tot ’n diepte van 10 cm in ’n pot en verhit, maar nie te warm nie. Doop ’n roomyslepel in warm olie en skep ’n lepel vol beslag uit. Laat dit uit die roomyslepel in die olie val. Skep nog sulke beslagballe tot die pot vol is. Plaas deksel op pot en diepbraai 5 minute. Maak pot oop en draai balle om. Plaas weer deksel op pot. Diepbraai tot die balle goudbruin en gaar is – sowat 10 – 15 minute. Herhaal proses tot al die beslag op is. As die olie te warm raak, stel hitte laer, anders gaan balle brand voor dit gaar is aan binnekant. Dreineer op kombuispapier en rol in kaneelsuiker. KARAMELSOUS Plaas suiker, botter en water in ’n middelslag-pot. Roer met ’n houtlepel oor lae hitte tot die suiker opgelos het. Verhoog die hitte en laat vinnig kook tot mengsel ’n goudbruin karamel vorm, sowat 8 – 10 minute. Voeg die room by. Meng en bring weer tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm en meng brandrissie by. Gooi oor poffers en sit voor met karamelsous.