Wednesday 28 June 2017

Plaasvetkoek



Plaasvetkoek
Jy benodig:
*500g witbroodmeel
*500g bruinbroodmeel
*1 pakkie kitsgis, opgelos in ’n bietjie “bloedwater” (louwarm water)...
*1 eetlepel sout, opgelos in ’n bietjie “bloedwater”
*louwarm water soos benodig
*1 eetlepel olyfolie
*sonneblomolie vir braai

So maak jy:

Knie alles. Gooi die twee soorte meel in ’n groterige bak. Gooi die nat bestanddele bietjie-bietjie by die meel en knie.

Los dit ’n bietjie. Gooi ’n vadoek oor die bak en laat rys 45 minute lank op ’n warm plek.

Wag nog ’n bietjie… Knie af, rol in balletjies so groot soos ’n kind se vuis en sit op ’n broodplank of ’n bord. Los die spulletjie vir ’n halfuur met ’n vadoek hieroor en braai dan drie of vier op ’n slag in warm olie. Braai tot die vetkoek lekker bruin is. Konfyt en kaas bly ’n wenkombinasie hiermee.