Wednesday 28 June 2017

Prego-broodrolletjies



Prego-broodrolletjies
Tamatie-peri-peri-sous

genoeg vir 600 ml
...
• 6 groot ryp tamaties, in blokke gesny
• 1 ui, in blokke gesny
• 3 knoffelhuisies
• 250 ml olyfolie
• 250 ml rooiwyn
• 5 ml paprika
• 15 ml brandrissievlokkies
• 1 ml brandrissiepoeier
• 1 lourierblaar
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas tamaties, ui, knoffel en olyfolie in ’n voedselverwerker. Verpulp tot glad. Gooi mengsel in ’n kastrol en plaas op stoofplaat. Verhit tot kookpunt en laat kook sowat 5 minute. Voeg wyn, paprika, brandrissievlokkies, brandrissiepoeier en lourierblaar by. Meng goed en geur met sout en peper. Laat sowat 30 minute oop prut tot sous dik is. Haal af van hitte en laat afkoel. Hou sous in yskas tot benodig.

Steaks

• 6 x 250 g-lendesteaks (sirloin)
• 125 ml rooiwyn
• 2 lourierblare
• sowat 40 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 Portugese broodrolletjies

Plaas steaks in ’n plat bak. Gooi rooiwyn en lourierblare oor en marineer 30 minute – nie in yskas nie, want die steaks moet kamertemperatuur wees wanneer dit gaargemaak word. Verhit olyfolie in ’n groot swaarboompan. Haal steaks uit rooiwyn, geur met sout en peper en braai weerskante tot so gaar as wat jy daarvan hou. Voeg 250 ml van tamatie-peri-peri sous by en braai tot sous warm is. Sny rolletjies oop en plaas een steak op onderste helfte van rolletjies. Maak toe met ander helfte en sit voor met res van sous.