Wednesday 21 June 2017

Oupa Gideon se Boeliebief-konkoksie



Oupa Gideon se Boeliebief-konkoksie
Bestanddele
1 blikkie boeliebief...
1 blikkie chakalaka met mielies
1 groot ui, opgekap

1 groot tamatie, opgekap
4 eiers
sout en peper
botter
2 eetlepels kerriepoeier
2 hande vol gerasperde Cheddarkaas

Metode
Braai die ui en tamatie in 'n botter tot die uie glaserig word.
Voeg die chakalaka by.
Hou die mengsel warm teen 'n lae hitte en voeg die boeliebief by.
Maak die vleis fyn in die pot.
Voeg 'n knippie sout en peper by.
Voeg die kerrie en die 4 eiers by.
Meng die kaas by en roer die mengsel goed deur.
Verhoog die hitte.
Roer die mengsel gereeld totdat die eier gaar is.
Bedien saam met brood, rys of kapokaartappels.
(RSG)