Wednesday 21 June 2017

Japtrapsop



Japtrapsop
Bestanddele
1 groot ui, fyngekap...
2 teelepels olyfolie
500 g maalvleis

2 blikkies sop, enige sop van jou keuse
guacamole (fyn advokado)
300 ml vars room
1 teelepel kerriepoeier

Metode
Braai die fyngekapte ui tot glaserig in die olyfolie.
Voeg die kerriepoeier by.
Voeg maalvleis by en kook tot gaar.
Voeg die sop by asook, soos voorgeskryf op die blikkie, twee blikkies water. Indien dit te droog lyk voeg nog water by.
Bring alles tot kookpunt en bring dadelik af na prut.
Bedien met vars room en een eetlepel guacamole.