Wednesday 14 June 2017

Ontbytpannekoeke met karamelpiesangs





Ontbytpannekoeke met karamelpiesangs
Genoeg vir 6

Maak hierdie pannekoeke oor die naweek en vries in stapeltjies van ses. Ontvries dit vir 5-10 min. in die mikrogolf en siedaar! ontbyt is gereed. Die hawermout en appel in die beslag maak daarvan ’n goeie hoëvesel- en lae GI-ontbyt wat in die loop van die oggend vir genoeg energie sal sorg.
...
4 eiers
750 ml (3 k) water
375 ml (1½ k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
125 ml (½ k) hawermout
1 appel, geskil en gerasper
60 ml (¼ k) sonneblomolie vir die bakslag

Karamelpiesangs
3 piesangs
60 ml (¼ k) botter
90 ml (1⁄3 k + 2 t) sagte bruinsuiker
3 ml (½ t) vanieljegeursel
30 ml (2 e) water

1 Klop die eiers en water saam in ’n groot mengbak tot skuimerig.
2 Sif die meel, sout en bakpoeier by en klits totdat dit ’n gladde deeg vorm.
3 Voeg die hawermout en appel by en roer deur. Laat staan die deeg vir minute voor jy begin bak.
4 Verhit die olie in ’n groot pan oor matige tot hoë hitte. Gooi net genoeg van die beslag in die pan om die boom te bedek. Bak vir 2-3 minute, draai om en bak tot goudbruin.
5 Herhaal met die res van die beslag. Hou die gaar pannekoeke warm. Die karamelpiesangs is ’n lekker bederfie. Maak dit op ’n Saterdagoggend wanneer jy meer tyd het. Vervang die piesangs deur appels vir ’n laer gIopsie. Sny die piesangs in die lengte middeldeur en dan orlangs. Smelt die botter, bruinsuiker, vanielje en water in ’n pan oor matige hitte tot karamelkleurig. Sit die piesangs by en bedek met die karamel. Sit met die pannekoeke voor.